Stevan & Zannelize: Clean Fresh & Natural



Ons storie...

Ons albei was vir jare woonagtig in Wellington as ook Paarl. Ons het heel waarskynlik mekaar heeltyd gemis of dalk selfs verby mekaar geloop aangesien ons by dieselfde plekke gekuier het. Zannelize het besluit om n werkspos te aanvaar en het eventueel verhuis na George in 2013. Ek het ook self besluit om in n nuwe dorp (Reebok) nes te skrop in 2014

Read more...

Ons het Augustus 2015 op n “blind date” gegaan by n restaurant in Herolds baai. Met die eerste ontmoeting het dinge nie te glad geloop nie aangesien Zannelize vir my wou voorskryf dat ek nie moet rook nie, aangesien dit baie sleg vir my gesondheid is. Ek het egter besluit om dit nog n kans te gee waar ons op ons 2de ‘date’ gegaan het. Die res is geskiedenis. Ons was van daar af onafskeidbaar!

Ons was 2 jaar en 6 maande saam toe ek die groot vraag gevra het op haar verjaarsdag. Ek het maande voor die tyd beplanning gedoen, n fotograaf gereel om die oomblik vas te vang en n piekniek gereel met vonkelwyn op n privaat uitkykpunt by Nyaru game Lodge. Ek het haar verras om vir haar te se ek neem haar uit vir ete maar ek wou net gou dokumente gaan optel by n klient op n plaas. Ek het ingery op die plaas, toe gestop, uitgeklim, haar geblindoek en gery tot naby aan die piekniek area. Haar uitgehelp en haar gelei tot waar sy moes staan en wag. Ek het op my knie gegaan, ring uitgehaal en vir haar gese sy kan maar die blindoek afhaal. Ek kon amper nie my woorde uitkry nie, maar ek het moed bymekaar gemaak en die groot vraag gevra waar die sonsondergang in die agtergrond ons getuie was. Sy het in trane die JA antwoord gegee.

Suppliers

Venue : Sirius Lodge Simola Golf Estate Knysna
Hare en makeup : Wilna Allpass
Trourok en haarstuk : Bridal inn George
Bruid Skoene : Lealia Bridal Studio George
Naels : Sorbet George
Zannelize Trouring en pand : The Jewelbox Kimberley
Bruids ruiker en dekor : Flowers4You George
Blomme: Gerda Stoltz
Troukoek : Quindolene Hattingh
Troumotor : Conrad Maree
Fotograaf : Billy Jean Raad (Legend)

Die res het ons self gedoen en self verskaf.
Ons het aangetrek by Dover on Sea in Sedgefield.



 
 

Contact Information

Send An Enquiry

Contact me for availability, pricing or other collaborations.

076 556 6070

info@billyjeanphotography.co.za

Brackenfell, Cape Town, 7560


Follow me on Social Media.