Dniel & Jean: Magnolia Thorn



2016 September was nie net die begin van lente nie...Maar ook van n totaal nuwe hoofstuk in my lewe wat alles te danke aan Baie gebed en geduld was...

Read more...

In 2012 het my loopbaan in Porterville as juffrou begin, my Ma natuurlik Baie bekommerd het n jong dame(nou vriendin) by n opleiding ontmoet en haar gevra dat sy my asb sal oornooi vir koffie aangesien Sy in Porterville woon, en ek Baie alleen was.

Ons het toe goed bevriend geraak.

In 2016 het sosiale media vir die eerste keer dink Ek n goeie daad gedoen , en ek het n foto van hierdie vriendin en haar beste vriend gesien en haar begin uitvra oor wie hy is. Sy wou nie te veel deel😊 want min wetend het hy al die jaar tevore meer wou uitvind oor my...

Daarom wou Sy he dit moes self uitspeel .

Jean het my op facebook gekontak en gese hy vermoed Ons moet mekaar ken want Ons ken al dieselfde mense.....wink wink nudge nudge😂😂😂 en gevra of Ons kan gaan koffie drink. Ek het ingestem, daardie middag het Jean binne n kwessie van 2 ure 6 koppies koffie by mugg en bean gedrink asook n stuk kaaskoek opgeeet vinniger as wat Ek kon se ...ek wil n happie he!(hy wag darm nou al eers dat ek n happie vat).

Die koffie dates het oorgegaan na meer formele tye saam oor naweke...Ons liefde vir kos En n lekker wyn het omgesit in wyntoere en kos proe ekspedisies ... en aangesien

Ons altwee onderwysers is ...matriekafskeid natuurlik!!!

Na 4 maande van absolute vreugde het Jean my formeel uitgevra op 9 Desember 2016!!!

Die tyd het gou gou verby gegaan, as they say ...time flies when your having fun.

6 April was net nog n dag vir my, ons was oppad na my vriendin Se troue in George. Ons het by apieskloof net buite grootbrak in n gastehuis gebly. Dit was grasgroen velde reg rondom hierdie een huisie ..niemand in Sig!! Die natuur op sy mooiste.

Toe die son sak daardie vrydagaand het die koelte oorgekom, en soos elke vrydagaand was die snacks ,steak en rooiwyn gereed!!

Ons het op you tube musiek geluister en kaart gespeel, ou siele van aard.

Na 5 rondtes rummy cup het ek natuurlik gewen en was Jean aan die verloor kant.

Ekt toevallig vir hom gese dat ek n wettenskap moes gemaak het, en hyt my gevra wat ek sou wou he. Natuurlik kon ek aan niks dink.

Hy het my gevra om n liedjie te speel imagine dragons walking the wire en die woorde te luister. Terwyl Ek kaarte skommel het hy verdwyn en toe hy terugkom agter my kom staan.

Ek nuuskierig soos altyd het omgedraai en gevra wat hy doen....en tot my verbasing was hy op sy knie...

Ek het dit glad nie gesien kom, daarom was die oomblik nog groter...

Hy het eers gepraat en toe gevra of ek met hom sal trou..

Die antwoord was maklik😘

N bottel shampanje het Sy verskyning gemaak ...en ons het die aand verder voor die vuurtjie spandeer!!

Liewe Jesus het geweet wat Ons albei in ons lewens nodig gehad het, en hy het ons beslis met die hand gekies om bymekaar te wees!

Ons keuse vir fotograaf was maklik...

Behalwe dat Billy n skoolvriendin van my niggie is En ek voor haar groot geraak het was dit Ons eerste opsie omdat haar werk ongelooflik is! en die liefde vir dit wat sy doen elke oomblik uitgestraal word in haar fotos!!

Die omgee hart en warmte waarmee Sy jou behandel is iets eg aan haar persoonlikheid!!

Ons is skaam mense van natuur en sy het ons gehelp om iets wat bietjie vreesaanjaend was sooo bitter baie te geniet!!

Dit maak die wereld Se verskil om met iemand so kosbaar te werk!!

And thats what made it so easy!!!



Contact Information

Send An Enquiry

Contact me for availability, pricing or other collaborations.

076 556 6070

info@billyjeanphotography.co.za

Brackenfell, Cape Town, 7560


Follow me on Social Media.